
(January, 2004)
MCSA Amajuba Section
Advantages of membership
· Regular hiking meets in the Drakensberg and elsewhere.
· Regular climbing meets in KZN and throughout SA.
· Privileged access to Club-owned land country-wide or land where the Club has servitude rights.
· Free access to three mountain huts in the Drakensberg.
· Use of Cambalala house on Mikes Pass.
· Reduced fees for, and access to, other huts owned by the Mountain Club of SA throughout the country.
· Social and slide/video evenings.
·
Access to Mountain Club libraries both in
· Opportunities to attend national and international mountaineering events.
· The national MCSA body to whom we are affiliated is a member of the world mountaineering body, the UIAA. With this comes many advantages for members including huge reductions in Alpine hut fees, expeditions abroad and access to mountain information.
· Newsletters and a professional, hardcover journal.
Hiking
The majority of our members are hikers and walkers. Club hikes are done in a variety of areas of the province including the Drakensberg. These are great outings to get to know our local mountains and trails.
Rock-climbing and
mountaineering
Some
of our members are avid climbers on rock, snow and ice. Although there are many
Club organised trips to all areas of
Club members are involved with promoting and participating in sport and competition climbing. Several meets and competitions are organised each year.
Facilities provided by the
MCSA (continued)
July Camp
The KwaZulu-Natal Section organises and runs a two week camp in the Drakensberg every year starting on the first Saturday of July. This camp has become an institution in its own right with members from all Sections throughout SA, as well as overseas visitors, participating every year. While in base camp all meals are cooked by the camp staff. Leaders take both rock-climbing and hiking parties out on sub camping trips for either several days, or for day trips returning to base camp each night.
Social Functions
Our
clubroom and library are on the third floor in the NEDBANK building. (The lift
is off the arcade through the Nedbank building on
Search and Rescue
The Amajuba section may be called on to help in rescues in the northern Berg, although most rescues are handled by the Kwa-Zulu section.
National Meets
The Club organises meets in different parts of the country in which members from all sections are invited to participate. This affords members the opportunity to experience the fantastic diversity of mountain ranges in SA.
International Expeditions
The Club organises expeditions throughout the world.
Members have climbed and even made first
ascents in ranges in
Find more information on the
Club by visiting:
Amajuba
Section site: http://ama.mcsa.org.za
National MCSA site: http://mcsa.org.za
Training
site: http://mdt.mountain.org.za
More information about activities
A newsletter, the JUBA JABBER is sent to all members four times a year giving reports on the section activities and the details of forthcoming meets with contact details of the meet leader. The meets are graded on the meet-sheet to give members an idea of the sort of trip planned. The grading is as follows:
1 A family meet suitable for children
2 An easy hiking trip
3 A moderate hiking trip
4 A strenuous hiking trip requiring a high degree of physical fitness
5 A rock-climbing trip
The meet leaders co-ordinate transport, tents and catering as necessary. Note that many hiking members join rock-climbing meets without feeling obliged to climb.
van Dit en
Dat
It is unlawful to do anything, or fail to do anything, that is likely to detrimentally affect a water course.
Invading alien plants are known to impact directly on water resources; it is a threat to local ecosystems and natural vegetation; it increases the risk of uncontrolled fire; it threatens tourism.
(It is interesting that in the early days of the Mountain Club, members were encouraged to take tree seeds with them on outings with the purpose of encouraging tree growth! How times have changed!)
What can you do? Members should make an effort to learn about invasive vegetation and become aware of the threat it poses not only to the beauty of the environment but to life, property and our country’s resources. You can make sure that neighbours and land owners know that there is an invasive alien on their property. You can join a volunteer hack group at weekends and help remove alien vegetation from private and public land.
Recent outings by Amajuba Section
Stable- Anton- and Hospital caves 1-2 November 2003
On the way from
As expected, there was no water at the cave, so Heinrich and
David walked down to where two small streams joined. Great was their excitement
when they found two otters playing in a pool in the stream. Ria and I did not
see the otters, but, ominously, we saw crows flying into and out of our cave.
We were too late to save most of our food and were dependent on the men for
their gene
On Sunday we left at about
From here, back towards Stable cave, we walked along the ridge. This was a very interesting route along the edge and across huge rock slabs. By now the wind was blowing strong and cold and there was occasional light rain and drifting mist. This made for interest on the rest of the long way back to our cars. We were glad to come back to the cars after a fantastic weekend.
Hannie
Bivane
dam: 24 tot 26 Oktober
Bivane dam is 55km noord-oos van Vryheid. Die dam is in 2000 op die Bivane rivier gebou en voorsien water aan die suikerplase stroomaf by Pongola. Die reservoir en die aangrensende natuurreservaat beslaan sowat 5000 hektaar.
Linda, Bertie, Anna, Hannie, Christine en Johan het om
Toe ons afsak dam toe, is die plantasies en grasvelde skielik vervang met kranse, klowe, inheemse bome en -plantegroei. Ongelukkig was die dam slegs 25% vol weens die droogte. Ons kon die bruin streep rondom sien waar die water sal lê as die dam vol is. Die kampplek is geleë op die kant van die dam naby die ablusiegeriewe. Die geriewe is baie netjies met warm en koue water en ‘n kombuis met opwas geriewe, kragpunte en ‘n yskas.
Barry Killian, die opsigter, het ons die middag vir ‘n rit op sy boot na die oorkant van die dam en hoër op geneem. Hy moes van sy personeel na hul wonings aan die oorkant vervoer.
Saterdagoggend het ons na die westekant van die reservaat gery en verskeie boksoorte en voëls gesien. Oral was die tekens van die droogte sigbaar. Na middagete het ons tot by die rivier aan die onderkant van die damwal gery. Ons het met die rivier af geloop. Dit was baie warm en toe ons by ‘n goeie swemplek kom, het ons lekker geswem en afgekoel. Daarna het ons verder met die rivier afgestap tot by hoë kranse met wildevyebome. Ons het ook met Bertie se 4x4 gery en gaan kyk na mooi piekniekplekke wat hulle besig is om te ontwikkel. Volgens Barry is daar ongelukkig ‘n grondeis op die plase en alle ontwikkeling is voorlopig gestaak.
Na ‘n lekker ontbyt het ons Sondagoggend om
Johan
MCSA
Christmas party
The Christmas party was held on November 22 at Roodepoort
game farm. The party was well attended, with 40 persons present. People started
arriving at
Roodepoort is very well equipped so members did not have to bring anything. The afternoon storm did not last long and we had clear weather for our braai. Before the braai we had a conducted game viewing ride by 4x4. Johan and Zelda were able to celebrate their birthday round the fire together with many mountain club friends. We had great fun swapping gifts with one another, a new system organised by Marianne. Although ample accomodation ranging from luxury level to camping was available, a few people chose to return to their own beds.
The next morning before brunch Johan led a party up to the
signal station and Boer graves dating from the Anglo-Boer war. Around
Christine
Drakensberg
traverse, Sentinal na
Eerste dag (11km)
Op 28 Desember om 5uur die oggend laai Frik Cronjé ons in
Dit was ‘n warm oggend en met die swaar vrag begin die kombi kook teen Witsieshoek se steiltes. Iemand kom tot ons redding en sleep die kombi en sleepwa in trurat tot bo-op die steil bult. Ons het die bult uitgestap en solank die natuur en berge geniet.
Nadat ons by die kantoor ingeteken het, begin die groot stap
eers om
Ons was eers om
Naby ‘n spruitjie op sagte gelyk grond slaan ons tent op vir die nag. Gou-gou verrys ‘n tentedorp van ses tente. Ons eet vroeg en kruip in want ‘n koue wind het begin waai.
Tweede dag (11km)
Die voëljies maak ons vroeg wakker en na ontbyt begin ons
teen
Teen middag sien ons twee stappers onder in die vallei. Ons
roep hulle nader en vind uit hulle is ene de Klerk en Ashley, twee studente van
Klerksdorp. Net soos ons is hulle op pad
Dit is Hannie se beurt om kos te maak, met die volgende resultaat -
Voorgereg: Beskuitjies en mossels
Hoofgereg: Noedels en tuna
Nagereg: Sjokolade poeding en vla
Die koue jaag ons vroeg die tente in.
Derde dag (13km)
Ons staan vroeg op en met sonsopkoms is ons by die bo-punt van Fangs pas. Foto’s word geneem van ‘Madonna and her worshippers’. Paul sien jy selde in die kamp – hy is altyd êrens besig om nog hoogtes te verken en foto’s te neem.
Met kaarte oop en koppe bymekaar kyk Johan, Johan M en Paul
waarlangs nou – deur watter vallei en oor watter berg. Daarna vertrek ons om
Die donderweer het begin en dit het liggies begin reën –
reënjasse uit en ‘ponchos’oor die rugsakke. Almal het skielik vinniger begin
loop. Ons kies die eerste kampplek langs die rivier met ‘n mooi uitsig oor
Rockeries en Mponjwane. Die reën hou gelukkig gou op en gee ons
Christine en Johan maak kos. Christine sit met gevoude bene in die koue wind en kos maak. Ons eet heerlik -
Voorgereg: Beskuitjies en vishappies
Hoofgereg: Koeskoes met ‘bully beef’, gebraaide uie, tamatie en groente
Nagereg: Gestoofde vrugte en vla
Teen
Vierde dag (10km)
Dit is Hannie se verjaardag. Nadat ons ‘n verrassingpakkie
vir die veewagters gelos het, wat die kraaie eerste gekry het, stap ons na
Mnweni pas. Ons bewonder die plate en plate blomme en stap op na Eeny, Meeny,
Miny, Mo. Ons sien die loodregte kranse van die ‘Mnweni cutback’ en kyk af in
die groen Mnweni vallei. Ons stap naby die eskarp, deur die oorsprong van die
Oranje rivier. Hannie, Paul en Ria gaan besigtig die Ledges grot. Hannie en
Paul stap na Mponjwane en
Dit was ‘n baie warm dag – die son wou nooit lank genoeg
agter die wolke verdwyn nie. Ons bereik ons kampplek langs die Kokoatsoan
rivier (naby die Saddle) om
Nog ‘n moeilike dag se stap is agter die rug, maar met baie vreugde en dankbaarheid begin ons tent opslaan naby die rivier met ‘n lieflike swempoel. Party begin sommer dadelik swem. Daar is oral blomme rondom die tente. Die aand het mis oorgekom en in die nag het dit sag gerën.
André en Louise maak kos –
Voorgereg: Beskuitjies en mossels
Hoofgereg: Rys en tuna met heerlike speserye en wortelslaai
Nagereg: Gemmerkoekies en vla
Soos elke aand speel André mondfluitjie, ons sing vir Hannie geluk met haar verjaardag. Christine bring OBS tevoorskyn om ‘n bekertjie te klink. Hannie deel sjokolade uit – die einde van 2003!
Vyfde dag – Nuwejaarsdag (10km)
Toe Ashley opstaan wil hy sy tent weggee of net daar los, want hy was sopnat na die nag se reën. Johan se voorstel is dat dit net die regte tent vir die woestyn is!
Die dag begin met hoë mis en ‘n koue wind. Ons begin om negeuur loop in koel weer met die mis wat die hoër dele van die berge bedek. Ons is op pad na die Twins grot waar ons die laaste nag sou slaap. Oor berge en deur dale – blommeprag, mis en ‘n bietjie sonskyn. Almal het die koel weer verwelkom na vier dae se warm son.
Terwyl ons na die bopunt van Mhlambonje pas soek, roep iemand van bo af uit die mis. Dit is ‘n ou kollega van Paul. Na ‘n rukkie se gesels is ons die pas af na Twins grot. Na ‘n ruk se gesoek, het ons die grot gekry. Die grot is groot en gesellig, met slaapplek vir twaalf mense. Die mis trek oop en ons stap gou na ‘n uitkykpunt om die spitse en klowe te bekyk. De Klerk en Ashley skep water by ‘n klein rotspoeletjie, want daar is nie water in die grot nie.
Dis Johan Mathee en Jansen se beurt om kos te maak. Lekker gerieflik het hulle ‘n tafel om op te kook–
Voorgereg: Salami en beskuitjies
Hoofgereg: Soja met die lekkerste speserye en ‘goodies’ daarby, ‘smash’ en groente
Ons eet heerlik en drink lekker sakkoffie met kondensmelk.
Die dames sing saam met mondfluitjie musiek, ons eie ‘Music in the mountains’. Grappe word vertel en ons sit en kyk hoe die mis kom en gaan, dan op, dan af, en soms tot binne-in die grot.
Paul wou buite die grot slaap, maar met die dreigende reën het hy anders besluit. Gedurende die nag is daar sterre afgewissel met mis, vuurvliegies, vlermuise en naggeluide. Daar was maar min geslaap op die harde vloer van die grot. Die maan het gedurende die nag ook agter die miswolke uitgekom en helder in ons gesigte geskyn. Donderweer en blitse onder in KZN het ons laaste aand in die berge nog wonderliker gemaak.
Sesde dag (11km)
Die koffiewater kook vroeg, want ons wil vroeg vertrek met
Mhlambonja pas af tot by
Moeg en seer en warm, maar met dankbaarheid, kom ons by die hotel aan waar Frik reeds op ons wag. Dit was ‘n heerlike en geseënde staptog oor die Drakensberge. Alle dank aan ons Skepper!
Ria en Johan
Hannie
se weergawe van 30 en 31 Desember
Dit was weer ‘n lang stap. Ons het teen omtrent vieruur ver weg van die eskarp deur ‘n groot trop beeste en ander diere beweeg, terwyl die weer al meer dreigend geword het. En ons stap aan en aan, tot Johan vir ons beduie dat ons nou moet afgaan na die riviertjie toe om tente op te slaan sodat ons nie te nat gaan word nie. Die privaatheids plekkies was baie ver van ons af, maar verder was dit ‘n lieflike laatmiddag. Johan M het lekkergoed uitgedeel, “soos ‘n lord in sy gat”. In die nag het ons twee keer donderstorms gekry, maar ons het veilig gevoel, laag in die vallei en onder die sopnat tentseil wat by tye vol hael gelê het. Die wat wakker was, het by tye ‘n pragtige sterrehemel gesien.
Hannie wou goed wees vir ons Basoetoebure, maar die kraaie
was te vinnig om by ons kospakkie uit te kom. Oujaarsdag was baie goed vir
rondkyk en ons het ons verbaas aan die pragtige blomvelde. Ons het nie almal
diesefde roete gevolg nie, maar ons kon oral gaan kyk en foto’s neem soos by
die Mweni Cutback en die rotspilare van Eeny, Meeny, Miny en
Ons het toe in die vallei met die oorsprong van die Oranje-rivier (hier genoem die Senqu) geloop, in die rigting van Ledges grotte en Mponjwane grot. Ons roete het ons langs die pieke en klowe van die Natalse eskarp gevoer waar ons het ‘n groepie kransaasvoëls sien het. Die windswaels het naby ons verby gesuis in die wind. ‘n Vaalribbok het geproes, maar ons kon hom nie sien nie. Dit was nogal moeilik om die ingang tot Mponjwane grot van die noordekant af te vind, maar dit was die moeite werd om die rotsformasies te bekyk en om later in die beskutting van die grot te sit en eet.
Vanaf Rockeries pas af het ons weer ‘n hoë rant uitgesukkel in sterk wind, en toe die kaart en landskap vergelyk om die res van ons groepie te vind wat solank vooruit gegaan het. Gelukkig het ons hulle gou gevind langs die rivier en tussen die kleurvolle tentjies. Paul het gaan foto’s soek en amper probleme gekry toe die mis baie dig word. Obies en sjokolade het die aand opgekikker vir die ‘birthday girl’ voor ons weer ‘n rustige nag deurgebring het.
Traverse
– dankie sê
Baie dankie aan al die mense wat dié droom wat ek al lankal gehad het, nie net ‘n werklikheid gemaak het nie maar dit ‘n onvergeetlike ondervinding gemaak het:
Frik Cronjé wat ons na die beginpunt vervoer het en weer by
Ria die ‘waterdraer’, die een wat alles geniet en waardeer. Hannie met haar ondervinding en kennis van die berge. Paul en Christine, die blommekenners. Johan M wat daardie deel van die berge goed ken. André wat die musiek verskaf het en baie mooi foto’s geneem het. Louise wat die eerste keer so ‘n lang staptog meegemaak het en nooit gemurmureer het nie. Dankie Louise vir die ekstra energie van die ‘jelly babies’. Jansen wat altyd bereid was om daardie ekstra bottel water te dra vir iemand wat dit dalk nodig mag hê. Van ons het dit nodig gekry, veral op die laaste dag.
Hierdie jaar stap ons die tweede been van die ‘Traverse’!
Johan
Reflections
on the ‘Berg traverse
It was never going to be a ‘Sunday afternoon stroll’. Careful planning and preparation were necessary as carrying camping gear, warm clothes and food for six days is quite a challenge. Then there were the nagging doubts about one’s fitness, stamina, climbing the chain ladder with a back-pack, thunderstorms and the like.
How good it was to have transport arranged to the starting point and to know we would be collected at the finish. Thank you Frik!
The company was great and this added to the enjoyment of the hike. As we relaxed after a hard day’s walking André provided us with soothing music on his mouth organ. Thank you André!
The weather was good; and we survived the hectic storm which put our tents to the test.
The wild flowers were beautiful and the views astounding.
With the help of Paul and my reference book I positively identified about 80
species of flowers. As always the dear streams and pools provided ‘Berg
champagne’ to quench out thirst. Birds were quite plentiful, including pipits,
larks, cisticolas, chats, canaries, sunbirds, rock thrush, golden widow,
One disadvantage of the
Twins cave provided a welcome change from pitching tents. The fireflies, the moonlight and lightning playing in the clouds below Twins cave provided a great memory.
Mlambonja pass was as I had remembered it from my first ‘Berg hike when I renamed it ‘Lam bene pas’. The heat and relentless sun on that final windless day was almost unbearable and losing the path for a while resulting in bundu bashing and boulder hopping was not very welcome!
What a luxury to be whisked back home in no time, to home luxuries and a soaking hot bath.
It was a wonderful experience. Thanks to Johan for organising the traverse and for all the participants who made it possible.
Christine
Committee for 2003
|
|
Home
telephone: |
Work/cell: |
|
Chairman
|
Hannie Low |
034 318 4690 |
072 659 0101 |
|
Hon. secretary |
Ria Kotze |
034 312 7040 |
082 492 1797 |
|
Hon. treasurer |
Bertie Langley |
034 315 3876 |
083 996 6611 |
|
Meets convener |
Johan de Villiers |
072 712 7022 |
082 707 2957 |
|
Social convener |
Christine de Villiers |
082 707 2957 |
082 707 2957 |
|
Membership coordinator |
Linda Langley |
034 315 3876 |
083 996 6611 |
|
Club house and bar manager |
Tjaart van der Walt |
034 315 2099 |
083 627 6442 |
|
Rock climbing |
Paul Behrens |
|
083 677 1081 |
Program of socials
|
February 10 |
Books and Bingo – Hannie |
|
9 Maart |
Grootpraat/Big-brag – met Wouter |
|
April 13 |
Climbing video - Paul |
|
May 11 |
New gear/old gear and sale |
|
June 8 |
Bird quiz - Christine |
|
August 10 |
|
|
September 14 |
Hap-‘n-stap |
|
October 12 |
Slides |
|
Date |
Destination |
Grading |
Meet leader |
January
24 to25
|
Zulu
cave – Pta Hiking R52ppn
|
3
|
Hannie 034 318 4690, 072 659 0101
|
February
7 to 8
|
Waterval
Boven Trail and train
|
2
|
Dimitri
Georgeades 082 354 8034
|
February
8
|
Abseil/rock
climbing
|
5
|
Paul
083 677 1081
|
February
15
|
Slangrivier
|
1
|
Doug
082 922 0654
|
|
5 tot 6 Maart |
Sporekrans - R63ppn plus R20 |
3 |
Matilda 034 212 2982 |
|
March 20 to 22 |
Bannerman hut, |
4 |
André 083 327 0800 |
|
March 27 |
|
2 |
Peter 034 312 1847 |
|
11 tot 16 April |
Swart Tobie-wandelpad |
1 |
Anna 034 325 9944 |
|
April 9 to 12 |
Polela, Makhehle Mabili R34ppn |
4 |
Hannie 072 659 0101, 034 318 4690 |
|
25 April |
Aasvoël-krans |
1 |
Ria 034 312 1665 |
|
April 24 to 27 |
Mnweni hike |
3 |
Dimitri Geogeades 082 354 8034 |
|
May 9 |
Abseil/rock climbing |
5 |
Paul 083 677 1081 |
|
May 22 to 23 |
Cambalala |
1 -4 |
Herman 034 325 0626 |
|
June 5 |
Majuba |
1 |
Peter 034 312 1847 |
|
16 tot 20 Junie |
Organ Pipes, Tlanyakupas – R52ppn |
4 |
Johan 072 712 7022 |
|
July 3 to 17 |
July Camp of MCSA |
1 -5 |
Kay Nixon KZN |
|
24 tot 25 Julie |
Sediba wandelpad |
2 |
Bertie/Linda 034 315 3876 |
|
August 14 |
Abseil/rock climbing |
5 |
Paul 083 677 1081 |
|
August 21 to 22 |
Roodepoort work meet |
1 |
Johan 072 712 7022 |
|
Sept. 10 to 12 |
Stable cave |
3 |
Hannie 034 318 4690 |
|
Sept. 24 to 26 |
Injasuthi family meet |
1 -3 |
Hannie 034 318 4690 |
|
October 9 |
To be decided |
|
|
|
October 17 |
Abseil/rock climbing |
5 |
Paul 083 677 1081 |
|
23 tot 24 Oktober |
Weenen wildpark |
1 |
Tjaart 083 627 6442 |
|
13 November |